Saturday, June 9, 2012

Gesprek tussen die ou mense!!!

Ma: Moet nou nie vir jou simpel hou nie Flip, jy weet vir my is Camper en Karavaan 'n vloekwoord!

Nou sê pa: ek gaan vir jou 'n huis op wiele bou! Dink nou net hoe gaan ons dan travel!

Ma: jou patata Flip jy is te oud vir sulke goed!

Pa: ek is nog nie vrot in my kop nie, kyk daar's 'n paar campers te koop!

Ma: jy is nou nes oupa! Alles is 'n altyd 'n bargain.

Pa: helfte van die tyd wag ek vir jou, en die ander helfte kritiseer jy my! As jy nou weer in 'n winkel gaan vereg ek my!

Ma: man ek soek van daai parfuum, ek wil soos 'n roostuin in Suid Afrika aankom, ai, nou is ek weer ydel!

Op die trein...
Ek: wat maak julle twee?

Pa: nee jong, hier word nou pille uitgedeel, die Apteek is oop

Pa sê: Wat de hel moet ek by Dracula se kasteel gaan maak, ek bly dan saam met Dracula!

Ma sê: ek suig hom leeg maar hy bly nog steeds so vet!

Nou is ons by doeane en die ou het 'n revolver.

Ma sê vir pa: nou gaan die ou jou vrot voet se toon afskiet.

Pa: Nou het ek seer Anna?

Ma: Nog 'n pilletjie!

Pa: kyk nou hoe ry hulle die groente aan met die kar!

Ma: Jy het ok maar die mielies met my ou Austentjie uitgery het. Het jy vergeet!



1 comment: